Login Enter

Ligpos Ltd

1 year ago

Junior Werwingsbeampte

Sign up free Log in

Sign up to save this job, get alerts, and apply with an optimized CV.

Company information

Company
Ligpos Ltd
Location
South Africa, Gauteng, Tshwane, Pretoria South Africa
Posted
1 year ago
View all jobs at Ligpos Ltd

Job description

LIGPOS WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING

Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoëns van ’n persoon wat belangstel om ’n Werwingsbeampte van Ligpos te word.

LIGPOS WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING

Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoëns van ’n persoon wat belangstel om ’n Werwingsbeampte van Ligpos te word.

1. LIGPOS WERKVERSKAFFINGSDIENS
Ligpos is ’n geregistreerde werkverskaffingsdiens. Ons doelwit is om die beste moontlike arbeiders aan ons kliënte te verskaf, ten einde ’n een-stop arbeidsoplossing vir ons kliënte te bied. Ons neem dus werknemers in diens, ontleed hulle vermoëns en plaas die mees geskikste werkers uit in die mees geskikste poste wat by hulle pas.

2. WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING

Die volledige opleiding van die werwingsbeampte sal stuksgewys hanteer word. Alle dokumentasie, programmatuur en operasionele prosedures sal aan die Werwingsbeampte bekend gemaak word.

Al wat Ligpos van ’n werwingsbeampte verwag is:

  • Bereiking van teiken doelwitte met uitplasings
  • Toegewydheid aan en prioritisering van Ligpos se werwing
  • Daaglikse verslag van werksaamhede in weeksdae
  • Aanvanklik eie rekenaar, WhatsApp en wi-fi
  • ’n Vasvatter mentaliteit en selfdissipline


Die volgende is wat u in stappe geleer sal word:

Die werwingsbeampte het ten doel om eerstens kliënte te werf. Dit behels om kliënte te soek wat poste aanbied om gevul te word, of kliënte wat wil hê dat Ligpos hulle arbeid administrasie moet oorneem. Ons het reeds volledige werwingspakkette wat die Werwingsbeampte slegs vertroud mee sal moet raak. Sodra die kliënt gewerf is, tree die werwer daarna as die kliënt se skakelbeampte op. Die Werwingsbeampte bepaal wat die kliënt se besigheid is asook behoeftes aan arbeid of personeel in terme van hoeveelheid, vereistes, kwalifikasies, administratiewe behoeftes en tipe arbeid.

Met hierdie inligting wat die Werwingsbeampte by die kliënt gekry het, word advertensies gemaak, opgestel en die poste wat beskikbaar is, bemark ten einde kandidate vir die poste te werf. Die Werwingsbeampte het dan die plig om die aansoekers te sif en op ons sisteem verdere kandidate te werf. Die werwingsbeampte soek die beste aansoekers vir die pos uit, voer onderhoude met die bestes deur middel van Zoom of Google Meet of alternatiewe sisteem wat dit kan opneem. Daarna stuur die Werwingsbeampte die Kandidaat se onderhoud opname saam met die CV na die kliënt vir oorweging. Indien die kliënt 'n kandidaat gekies het om aan te stel of dat ons die kandidaat aanstel en aan die kliënt uitkontrakteer, het ’n suksesvolle uitplasing plaasgevind.

Suksesvolle uitplasing is die Werksprestasie waarteen ’n werwingsbeampte gemeet word.

3. BESOLDIGING EN WERKSPRESTASIE
3.1. Besoldiging vind maandeliks teen die einde van die maand plaas ooreenkomstig ’n kommissie wat gekoppel word aan die suksesvolle uitplasings wat die Werwingsbeampte in die maand gemaak het.3.1.1. Daar bestaan twee tipes kommissiebasisse waarop uitplasing gedoen word: Dit is die eenmalige uitplasings of langtermyn uitplasings. Betaling deur die kliënt en derhalwe uitbetaling van komissie aan die werwingsbeampte geskied ook op hierdie twee grondslae.3.1.1.1. Sodra die Werwingsbeampte ’n eenmalige pos uitplasing bewerkstellig het, waar die kliënt dadelik werker op sy eie boeke oorneem en ’n eenmalige kommissie betaal aan Ligpos, is die Werwingsbeampte geregtig op 40% van die inbetaalde kommissie van die Kliënt.3.1.1.2. Wanneer daar ’n langtermyn uitplasing geskied waarvolgens die werwingsbeampte vir ’n lang tydperk dien, is die Werwingsbeampte geregtig op 20% van die inbetaalde kommissie van die Kliënt.

Al wat Ligpos verder van ’n Werwingsbeampte verwag, is om te wys dat die werwing vir u ’n prioriteit is en dat u alles daarin sit. Die enigste wyse hoe om aangestel te word, is om te bewys dat u die redelike teikens kan behaal en volhoubaar daaraan kan voldoen.

U moet onthou dat dit nie ’n maklike werk is nie, en dat dit nie vir almal uitgeknip is om dit te doen nie. U is baie welkom om te probeer en ons sal u soveel as moontlik help en bystaan – maar u moet van die begin af inklim met positiwiteit en vasberadenheid. As u dit nie ’n prioriteit ag nie en dit maar as ’n sekondêre stokperdjie of geldelike aanvulling beskou, gaan u dit nie maak nie.

Laastens - ons is ’n span in die koninkryk van God. Ons is ’n Christelike agentskap. Ons werk tot opbouing van die koninkryk van God – elkeen moet daarom sorg dat sy lewe in ooreenstemming is met die Woord van God en die Heilige Gees. Ligpos het nie plek vir ’n Jona nie.

Ons hoor graag van u indien u. Indien u enige navrae het, Whatsapp ons by met ’n boodskap aan: 064 849 1686.

Required skills

Interested in this position?

Create your free account and tailor your CV to match this job.